Wat?

Wat wil ek graag studeer?
Waarin stel jy belang? Laat ons eerlik wees – dit sal baie dwaas wees as jy vir ’n kreatieweskryfwerk- of afrigterskursus ingeskryf is, maar jy is nie n ’taalmens’ nie of hou glad nie van sport of geniet dit nie om saam met ander mense te werk nie!

Oukei, so watter onderwerpe of studierigtings is daar buite? Om hierdie vraag te beantwoord, klik asb. op die volgende skakel
Ons het reeds vir jou gevra om te dink aan die rede HOEKOM jy wil studeer. Dit is belangrik aangesien dit outomaties ’n invloed het op WAT jy wil studeer! Hoekom?


Wel, as jou besluit om te studeer loopbaan-gedrewe is, wil jy:

  • vir ’n bevordering kwalifiseer?
  • meer geld verdien?
  • meer vaardighede byleer?
  • jou bevoegdheid ontwikkel?
  • ’n werk kry of ’n nuwe loopbaan begin?


Aan die ander kant, as jou besluit om verder te studeer aan selfverryking gekoppel is, wil jy:

  • jou lewensvaardighede verbeter?
  • jou algemene kennis verbreed?
  • ’n nuwe taal aanleer?
  • sekere akademiese doelwitte behaal?


As die bogenoemde opsies vir jou aantreklik lyk, is jy natuurlik op soek na ’n kursus wat hierdie drome ’n werklikheid sal maak. Jou keuses raak meer beperk  namate die vakgebied meer gespesialiseerd en relevant tot jou unieke situasie word. Om reg te kies word dan ook makliker..

Laastens sal jy ook moet weet HOE LANK jy wil studeer. Hierdie is ’n baie belangrike faktor om in gedagte te hou aangesien dit ’n yslike impak op jou algemene beplanning en uiteindelike loopbaanpad gaan hê.


Sê byvoorbeeld jy wil ’n prokureur word. Jy sal ten minste vir vier jaar moet swot voordat jy kan graad vang waarna jy spesifieke praktiese ondervinding moet opdoen. Aan die ander kant, indien jy daarin belangstel om ’n boekhouer te word, sal jy die betrokke kwalifikasie binne ’n jaar of twee kan behaal.

WAT jy wil studeer word deur ’n reeks faktore beïnvloed en jy sal moet stilsit en elke opsie evalueer om te bepaal watter keuse die beste resultate sal oplewer.


Site Map | Privacy Policy

 Studeer.co.za. All Rights Reserved.